O ja! Leon Schuster (as Boetie) en Kenneth Nkosi (as Beast) gaan al die pad bank toe lag met Mad Buddies. Foto: Image.net
As jy nie van Leon Schuster hou nie, dan is ons jammer om van jou twak te hoor. Want die grootste fliekmaker in Afrika is terug met ’n meer belaglike komedie as ooit tevore.
Om die waarheid te sê, Schuster gee weer vir kunsresensente ’n lekker kans om hul neuse op te trek. Mad Buddies het dié naweek in die flieks begin wys en hy’s beslis bestem vir groter dinge as enige Schuster-fliek voor hom.
Kyk, meeste mense verkies dat hy ’n fliek vol poetse maak soos Schuks Tshabalala’s Survival Guide to South Africa. Daai flieks waar hy die mense so lekker uitvang. Mr. Bones, wat glad nie so snaaks is soos daai nie, is sy grootste sukses, want dit word deur die HELE AFRIKA-KONTINENT gekyk!
Volledige berig in die koerant.