DANCING QUEEN:Francois Hougaard trippel om die Vrystaat se WP Nel. Foto: FOTO24
Daar is ’n sekere manier om die Bulls se helse oorwinning oor die Cheetahs gisteraand op Loftus te beskryf, maar dis nie polities korrek nie.
Wat daar wel geen twyfel oor is nie, is dat die Bulls met hulle 14 Springbokke in die beginspan die arme Vrystaters vir 60 minute ’n ordentlik skop onder die jack gegee het toe hulle die Cheetahs met 40-24 geklop het. Die siekte om die ander span in die laaste 20 minute terug in die game te laat, het weer sy kop uitgesteek toe die Cheetahs laat vier drieë gescore het.
Maar behalwe daarvoor, kan die manne van die Jakarandastad vir nog ’n week rustig slaap. Daar is die afgelope week baie gesê oor die Bok en Bulls-losskakel, Morné Steyn se skopwerk pale toe. Maar gisteraand op Loftus was dit nie sy skopvoet wat gelol het nie.
Volledige berig in die koerant.