Plesier: Dié meneer is ’n plesier om te bestuur of in te ry as passasier.
Onthou jy nog daai All Black-agtsteman Zinzan Brooke? Nou ja, daai Kiwi kon hol met die bol en het ook geweet hoe om die bal te sool. Die Nissan Murano laat my ietwat aan ou Zinzan dink, aangesien hy ’n meneer is wat nou vir jou ware veelsydigheid bied.
Dié crossover het spiere wat bult, maar nie so erg soos ’n gym junkie op steroids nie. Daar is darem nog genoeg elegante lyne wat dié Murano ’n sporty look gee – veral vir ’n crossover.
Dis dieselfde enjin wat in die legendariese 350Z sports coupé gebruik word. Die 3.5 liter V6-enjin skop ’n stewige 191 kW en ’n ewe indrukwekkende wringkrag van 336 Nm. Hy hol die 0-100 km/h-ren in 8 sekondes en sy topspoed is meer as 200 km/h.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.