Droomwiele: As ek nou vir my ’n kar met my eie geld moet koop, sal dit die Toyota 86 wees.
As karre elke jaar beter word, gaan 2013 in een groot helder vonkehemel ontplof, want die beste van 2012 gaan moeilik oortref word.
Ek het hierdie jaar bitter moeilik iets leliks van enige kar te sê gehad – nie omdat ek so maklik tevrede gestel word nie, maar omdat die gehalte van die aanbiedinge in die motorbedryf so ongelooflik was. Vyftien jaar gelede, byvoorbeeld, het jy nie met ’n tang aan ’n Nissan, ’n Ford, ’n Kia of ’n Hyundai gevat nie, nou is dit van die beste rygoed wat geld kan koop.
Daai nuwe rigting van vervaardigers word nêrens duideliker gesien as by Toyota nie. Hulle maak jare lank al saai winkeltrollies, maar hierdie jaar het hulle twee van my topdrie vir 2012 bekendgestel.
In die derde plek is daar die FJ Sport Cruiser, ’n veldvoertuig met flair, ’n indrukwekkende ontwerp-aanslag en persoonlikheid. Hierdie ding is so lelik soos sonde… en net soveel pret!
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.