Lus vir die oog: Die BT-50 is seker die mooiste bakkie op die pad.
As jy daaraan dink om ’n nuwe bakkie te koop, het ek vir jou ’n belangrike stukkie raad: Moet NIKS teken voordat jy nie na Mazda se splinternuwe BT-50 gaan kyk het nie!
Mazda het die nuwe BT-50 die afgelope week in die noorde van KwaZulu-Natal aan die media bekend gestel, en dis ’n wenner! Met die eerste oogopslag lyk hierdie na ’n fênsie trokkie. En met rede, want Mazda mik hulle bakkies op die leefstylmark.
Jy weet mos, die ou wat elke week met trots met sy bakkie werk toe ry, maar sodra die naweek kom, laai hy sy kwad of sy jetski agterop om te gaan speel! Maar moenie fout maak nie, die spoggerige bakwerk en die gesofistikeerde binneruim is misleidend – dis ’n fluweelhandskoen wat ’n ystervuis wegsteek.
Volledige berig in die koerant.