Groot meneer! Daar wag ’n hele paar mylpale vir die Proteas se kaptein, Graeme Smith. Foto: Gallo Images
Die Proteas se toetsreeks teen Engeland hou ’n hele paar mylpale vir Suid-Afrika se krieket-kêppie in.
Graeme “Biff” Smith sal in die eerste toets teen Engeland, wat op 19 Julie afskop, in sy honderdste toets speel. Hy was net in agt nie die kaptein nie!
As die tweede toets aanbreek, gaan onse Biffie sommer die wêreldrekord vir die meeste toetse as kaptein ewenaar. Die Aussie Allan Border, wat van 1984 tot 1994 gespeel het, is die huidige houer van dié rekord met 93 toetse as kêppie.
Volledige berig in die koerant.