Kurwes: Check die Santa Fe se sexy lyne.
DIE manne van Hyundai het besluit om motorjoernaliste ’n moewiese vroeë Kersgeskenk te gee tydens die launch van die nuwe Santa Fe aan die Weskus. Die land se beste snaarlooiers soos Mauritz Lotz, Albert Frost, Mel Botes, Valiant Swart, Robin Auld en Piet Botha het bietjie bloed op die snare gelos tydens die launch.
Nou ja, ek het gedink dis heel gepas om dié topmusos vir vermaak te kry aangesien die Santa Fe wragtig ’n bleddie goeie SUV is.
Ons het vroeër die dag die SUV se vermoëns behoorlik beproef, eers so bietjie die grondpad met klippe besaai en toe die duine. Ek was agter die stuur van die 4×4 Elite en die bielie het met sy aggressiewe rooster net tande vir die grondpad gewys en gerieflik oor die seesand geskoffel. Die 4×4 lock mode het heel handig te pas gekom.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.