Oeps! Die iol-webwerf het behoorlik gespartel om so vinnig as moontlik die spelfout reg te maak.
’n Groot Suid-Afrikaanse nuuswebwerf bloos bloedrooi oor ’n reuseflater.
Een van die bekendste mense ter wêreld en ’n Suid-Afrikaanse ikoon, Nelson Mandela, het die afgelope week sy 94ste verjaarsdag gevier. Gelukwensinge van wêreldwyd het ingestroom. Sy verjaarsdag is landwyd gevier deur mense wat tyd afgestaan het om goeie dade te doen vir die minderbevoorregtes.
Maar die webwerf www.iol.co.za het een moerse fout gemaak. Madiba se naam is verkeerd gespel op hul banier. En dít op sy verjaarsdag!
Volledige berig in die koerant.